Wie is jou God? Matteus 17

In hierdie gedeelte in Matteus 17:14-20 kom openbaar Jesus vir ons iets van geloof en wie Hy is. Jy kan die audio aflaai hier of by die link

.himalayas-409_1280

Advertisements

God vir jou, Suid-Afrika

Mag hierdie in elkeen van ons se harte leef. Dankie Jimi.

jimi le roux

God vir jou, Suid-Afrika

16 September 2014

Beskikker van nasies, volke en tale

Ek bid vir die geliefde land, so pragtig met sy ligblou hemel,
diepblou seë, sy ver verlate vlaktes en
gebergtes waar die kranse antwoord gee.

Ek bid vir almal wat dit “ons land” noem:
vir elke blinkoog kind, vir elke ouerhart wat hoopvol broodjies
inpak skool toe – al is die hande wit of bruin of swart.

Ek bid vir die bedroefde land, so vol van haat, geweld,
geskiedenis wat skeur; bedrog, korrupsie hand oor hand,
en egte honger maar nie ‘n werk vir jou, meneer.

Ek bid vir ‘n betrokke land, verset wat bou, nie afbreek nie;
minder praat meer doen wat nodig is, aanhou soek na God se wil,
dit lééf, Hom soek en toelaat dat Hy ons versoen.

Want dís die roepstem van die grond tot God, dís wat die geliefde,
droewe land ons…

View original post 21 more words

Pneumanauts

Pneumanauts 

Die woord is ‘n vreemde nuutskepping uit die gedagte wêreld van Leonard Sweet (so hoor ek.) Ek het nog nie sy goed hieroor gelees nie, maar in my eie lewe speel ek die laaste baie met hierdie gedagte.

Wat is ‘n Pneumanaut vir my? Dit is iets soos ‘n astronaut net nie tussen die sterre nie, maar in die wêreld saam met die Heilige Gees. So eintlik glad nie soos ‘n astronaut nie. Watse teks spreek vir my persoonlik die gedagte die beste aan? ‘n Vreemde een Josua 5:2 – 15.

Daar is drie bewegings in die gedeelte – Besnydenis, pasga en ‘n ontmoeting met die leeraanvoerder van die Here.

Lees bietjie die teks, wat dink jy het hierdie en Pneumanaut wees met mekaar uit te waai?